Luan en Sy Bosveldtrawante

Elke kind verdien opwindende avonture! Brawe klein Luan en sy trawante voer jou mee op fantastiese en onvergeetlike Bosveldeskapades. Hou styf vas!

Van die skrikwekkende Watermonster wat in die maanlig uit die slymerige water kruip, tot by Muroyi, die uitgeslape heks, op haar driepoothiëna. Daar sal nadergeskuif word na die veiligheid van die kampvuur, veral wanneer die Rooi Ster spesiaal net vir jou flikker, die uil saggies roep, en die luiperd van naby kug!

Hierdie is ’n pragtige, lekker boek wat eindelose plesier sal gee en oor en oor gelees sal word.

Original price was: R340,00.Current price is: R275,00.

Scroll to Top